Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, sê mediese personeel het hulle na die kruising van South Coast- en Blamey-weg gehaas nadat ’n minibus ’n motor getref het. “Uit wat ons op die toneel kon aflei, het ’n taxi die kant van die motor getref. Twee seuns, een sewe en een vier jaar oud, het ’n saamrygeleentheid skool toe gekry en is ernstig beseer,” sê hy.

Garrith sê die ouer kind se beserings was baie ernstig en sy toestand het drasties verswak.

“Ondanks die beste pogings van paramedici is die seun op die toneel dood. Die ander kind was in ’n kritieke toestand en is per ambulans na ’n hospitaal in die stad vervoer vir verdere noodbehandeling,” sê hy.

Bron: News24