[caption id="attachment_133808" align="alignnone" width="600"]Van links na regs: Mamiki Thabitha Goodman, Siraj Desai and Jill Oliphant. Van links na regs: Mamiki Thabitha Goodman, Siraj Desai and Jill Oliphant.[/caption]

Die proses om ’n geskikte kandidaat uit die 14 hoopvolles te vind het gisteroggend begin en teen middernag gister geëindig.

Lees ook: Adv. Thuli Madonsela beïndruk kykers op die Republiek van Zoid Afrika

Adv. Madonsela, wie se termyn in Oktober verstryk, is bekend vir haar onverskrokke benadering, dat sy haar aan geen voortrekkery skudlig gemaak het nie en nie geskroom het om omstrede sake aan te spreek nie.

“Dis nie ’n daad van haat om mense verantwoordbaar te hou nie, dis eerder ’n liefdesdaad want jy wil seker maak mense hou aan doen waarvoor hulle aangestel is,” het Thuli aan eNCA gesê.

Lees ook: Julle sal nie glo hoe vroeg die openbare beskermer al soggens uit die vere is nie!

En Suid-Afrikaners het iemand nodig met dieselfde “krag” en “morele standpunt” waaroor Thuli beskik.

Die 16 uur lange onderhoudsessies is beskryf as uitmergelend, maar talle het dit geloof vir die deursigtige benadering omdat gewone burgers dit regstreeks kon volg.

Die kandidate kry 10 minute om hul aanbiedings te lewer en hul prestasies te lys voor hulle vrae moet beantwoord.

Dit is wat jy moet weet as jy dit nie gevolg het nie:

1. Die onderhoudspaneel se voorsitter is dr. Makhosi Khoza

Makhosi is die voorsitter van die ad hoc-komitee wat gestig is om ’n persoon vir die pos te benoem.

“Natuurlik ek is ’n lid van die ANC, maar wat hierdie proses betref, het Luthuli House my nie gekontak of my aangeraai om met enigeen te praat nie,” het sy aan M&G gesê.

Sy het gesê haar werk is om die proses te bestuur en dat sy nie die finale besluit sou neem nie. “Doen ’n bietjie navorsing oor my . . . ek laat nie oor my loop nie,” het sy laat hoor.

Makhosi is ook ’n voormalige voorsitter van die staande komitte oor openbare rekeninge (Scopa) in Kwazulu-Natal en het meer as 20 jaar ervaring by instellings in openbare en privaat sektore.

2. Die verrigtinge is met sowat 20 minute vertraag

Dit was nadat opposisiepartye kapsie gemaak het daarteen dat kandidate se onderhoude agtermekaar gedoen word.

Volgens BusinessLive het die EFF se adjunkleier, Floyd Shivambu, gesê die komitee se besluit kan met regsaksie te doen kry as dit voortgaan, en dat dit enige besluit “nietig” sou maak.

“Hy het gesê hy is bekommerd oor die proses hoe die kortlysie gedoen is en het later bygevoeg die uitgemergelende rooster is onregverdig,” berig BusinessLive.

Hy was ook gegrief oor die feit dat die EFF-lid Dali Mpofu nie op die kortlys was nie.

Die DA was ook nie beïndruk met die skedule nie en het dit “onprakties” genoem. Die gevolg was dat die program toe effens vertraag was.

3. Daar was selfs ’n paar wat aan die slaap geraak tydens die verrigtinge.

“Daar slaap alreeds ’n parlementslid in die komitee wat onderhoude moet voer met kandidate vir die #PublicProtector pos en dis nou eers 10:00,” het die City Press-joernalis Andiswa Makinana getwiet.

4. Die paneel bestaan uit lede van verskillende politieke partye.

Dr. Makhosi Khoza (ANC-voorsitter); Thomas Bongo (ANC); Amos Masondo (ANC); Nic Koornhof (ANC); Grace Tseke (ANC); Refilwe Mothapo (ANC); Patric Maesela (dien as ’n alternatiewe komiteelid van die ANC); Glynnis Breytenbach (DA); Phumzile van Damme (DA); James Selfe (DA alternatiewe komiteelid); Werner Horn (DA – alternatiewe komiteelid); Floyd Shibambu (EFF); Steve Swart (ACDP); Sibusiso Mncwabe (NFP – alternatiewe komiteelid); Professor Themba Msimang (IFP).

5. Die lys van kandidate sluit professors, advokate en regters in.

Advokaat MM Mthembu; Regter Sharise Erica Weiner; Advokaat Chris Madibeng Mokoditwa; Regter Serajudien Desai; Adjunk-professor Narnia Bohler-Muller; Advokaat Mamiki Thabitha Goodman; Busisiwe Mkhwebane; Jill Claudelle Oliphant; Kaajal Ramjathan-Keogh; Advokaat Kevin Sifiso Malunga; Willam Andrew Hofmeyr; Muvhango Antoinette Lukhaimane; Professor Bongani Majola; en Advokaat Nonkosi Princess Cetywayo.

6. Die paneel bekyk elke detail van die kandidate se lewens

Die kandidate word oor alles van hul humeur, werke en skorsings tot hul kommunikasievaardighede uitgevra.

7. Die kandidate se verlede spook by hulle

Die DA-parlementslid Glynnis Breytenbach het regter Siraj Desai oor die beweings van verkragting teen hom in 2004 in Indië uitgevra. Hierop het hy geantwoord dat die bewering onder eed teruggetrek is.

Die voormalige adjunk-openbare beskermer adv. Mamiki Goodman is uitgevra oor hoe sy die amp sou oorneem sonder om chaos te veroorsaak omdat sy al op ’n kol vir Thuli daarvan beskuldig het dat sy bevooroordeeld is. Sy is al aangehaal waar sy gesê het Thuli is nie iemand saam met wie sy sou wou werk of vriende mee wou wees nie.

Dit het ook tydens die onderhoud uitgekom dat sy uit haar vorige werk as uitvoerende bestuurder van die nasionale dobbelraad geskors is.

Prof. Narnia Bohler-Muller is tans die uitvoerende direkteur van die Afrika-instituut van Suid-Afrika en die Raad vir Geesteswetenskappe. Sy is gevra oor die beweerde versuiming om besonderhede te verskaf oor ’n dissiplinêre verhoor teen haar by die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit.

“Dit het behels dat sy ingestem het om ’n student se doktorale proefskrif te wysig. Sy het later die ooreenkoms teruggetrek en die student het haar verkla van onetiese gedrag,” berig EWN.

Advokaat Chris Mokoditwa is gevra oor sy ouderdom en het gesê hy is 77 jaar oud en bygevoeg: “Ek is fiks! Ek’s ’n liggaamsbouer!”

Jill Oliphant is uitgevra oor ’n aanklag van roekelose bestuur wat teruggetrek is.

Ekstra bronne: M&G; eNCA; BusinessLive; News24; Twitter; EWN; TimesLive.

– Gabisile Ngcobo