Sy was die botter-wat-nie-kon-smelt-nie-Disney-ster en hy ’n vaalbruin hartedief uit Australië. Toe Miley Cyrus en Liam Hemsworth dus in 2009 by mekaar uitkom, het dit gelyk asof hulle ’n volmaakte paartjie is.

Maar toe Miley begin eksperimenteer met haar styl, keuse van liedjies en selfs (luidens gerugte) haar seksualiteit, het die paartjie besluit om hul verhouding en verlowing te beëindig.

Lees ook: ’n Knoets van ’n verloofring vir Mariah Carey!

Hoewel hulle blykbaar vriende gebly het ná die skeiding, is Miley en Liam nie weer saam gesien voor in Desember (2015) nie, toe die 23 jaar oue sangeres na Liam se geboorteland gereis het om die nuwe jaar saam met hom te verwelkom.

Lees ook: Sewe rateltaai aksiesterre wat al ouerig is

Sedertdien lyk Miley gelukkiger en daar was selfs vandeesweek ’n diamant aan haar ringvinger.

Solank Miley en Liam opnuut hul romanse vier, kyk ons terug na sewe van die beroemdste aan-af-verhoudings van die glanswêreld.

[post-slider]

© Cover Media