’n Duitse man (68) het gesterf nadat ’n haai hom Woensdag gebyt het terwyl hy naby Shelly Beach, Port Shepstone, geskubaduik het.

Mededuikers sê hulle het na die oppervlak beweeg toe die man verdwyn het, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in ’n verklaring gesê.

Ná ’n omvattende soektog deur die NSRI en die polisie, is die man se liggaam by ’n privaat vissersboot gevind.

Sy liggaam is aan forensiese patologiedienste oorhandig.

Die polisie het ’n geregtelike doodsdossier geopen.