Kan jy glo?

[caption id="attachment_159518" align="alignnone" width="600"]Foto: Flickr Foto: Flickr[/caption]

Die vrou het Dinsdagmiddag in ’n hospitaal in Burgos ’n seun en ’n dogter gehad. Dit maak haar die tweede oudste ma in Spanje. Nog net haar voorletters, M.I.A, is bekend, maar sy kom na wat verneem word van die dorpie Palacios de la Sierra. Met die geboorte het die meisie 2,4 kg geweeg en haar boetie 2,35 kg. Die vrou het swanger geraak ná in vitro-behandeling in Amerika. ’n Woordvoerder van die Recoletas-hospitaal het bevestig “M.I.A van die Burgos-provinsie het pas vir die tweede keer ma geword.

“Die kinders is tydens ’n geskeduleerde keisersnee gebore. Die pasiënt, seun en meisie is almal gesond.

“Dit is ’n uitsonderlike geval. Nie net vir die streek nie, maar ook vir Spanje –sy is een van die min vroue bo die ouderdom van 58 wie se swangerskap suksesvol afgeloop het.

“Die keisersnee was ’n sukses danksy die hulp van ’n multidissiplinêre span, wat bestaan uit twee ginekoloë, twee pediaters, twee matrones en ’n span verpleegsters en verpleeg-assistente.”

Die vrou het ses jaar gelede – ook ná in vitro-behandeling – die lewe geskenk ’n dogter, maar dié is glo sedert 2014 in die sorg van ’n familielid.

Maatskaplike dienste het bevind die sesjarige dogter het higiëneprobleme en ’n gebrek aan skoolopleiding gehad.

Die Recoletas-hospitaal se woordvoerder kon nie daarop kommentaar lewer nie.

Bronne: mirror.co.uk, dailymail.co.uk