Hul planne is egter in die wiele gery toe terminale kanker in Maart vanjaar by Ray gediagnoseer is.

Die diagnose het egter nie die paartjie gestuit nie. Alhoewel Ray enkele dae oor het om te leef, net hulle Saterdag 20 Mei die mooiste troue langs sy hospitaalbed gehou.

Die seremonie is moontlik gemaak deur die liefdadigheidsorganisasie Gift of a Wedding wat deur middel van skenkings die paartjie se droomtroue bewaarheid het.

Gift of a Wedding, wat in 2012 gestig is, verskaf gratis troues aan individue met terminale siektes ongeag hul ouderdom, ras, godsdiens, geslag of seksuele oriëntasie.

Die paartjie se troue is binne 24 uur gereël. Die seremonie is by die Springhill-tehuis, waar Ray versorg word, gehou.

Die troue is deur nabye familie en vriende asook die verpleegsters by die tehuis bygewoon.

Gift of a Wedding het mense op Facebook bedank vir hul groothartige skenkings aan die paartjie.

Bronne: Metro.co.uk , Mail Online , Facebook.