Volgens kapt. Livhuhani Hani, woordvoerder van die polisie, het die munisipaliteit ’n gat gegrawe om inwoners van water te voorsien.

“Die meisie en twee maats wou water op die kampeerterrein gaan haal omdat daar nie water by hul nedersetting is nie,” sê Livuhani.

“Die kind het geskrik vir ’n blaffende hond en weggehardloop. Sy het nie die gat gesien nie, ingeval en verdrink.”

Die voorval het omstreeks halfses die aand gebeur.

Die meisie is glo op die toneel dood verklaar.