Die voorval het omstreeks 8.15 in Glencairn-snelweg naby Simonstad in Kaapstad plaasgevind.

Luidens berigte het die man berg op met die fiets pedaal en beheer verloor. Hy het van die fiets geval tot binne in die pad. ’n Mini-bus het toe na bewering bo-oor die slagoffer gery.

Maxine Jordaan, ’n woordvoerder vir die Stad Kaapstad se verkeersdienste, het die voorval bevestig.

"Een van die regterbane in die rigting van Simonstad is gesluit. Motoriste kan vertragings verwag."