Daar is geld in seks.

As daar nou een persoon is wat lag-lag met hierdie stelling sal saamstem, is dit EL James.

Dié welbekende skrywer van die wulpse 50 Shades-boekreeks het laasjaar alleen ’n allemintige R384 miljoen gemaak uit boekverkope. Dit volg op die R480 miljoen van die jaar daarvoor.

En dit is nog voor die winste van die filmweergawe van die eerste boek in die reeks verdeel word. Dit het self die reusagtige bedag van R7 biljoen by die internasionale loket laat inrol. Die verwagting is dat EL ook ’n stewige persentasie van daardie winste gaan kry.

Tot nou toe is daar al meer as 125 miljoen kopieë van die sekssage verkoop.

Tot op datum is daar al meer as 125 miljoen kopieë van die Britse, 52-jarige, ma-van-twee se sekssage verkoop.

Die vierdie boek in die reeks, Grey, is onlangs uitgereik en boer reeds bo-aan topverkoperlyste. Meer as 'n miljoen kopieë is klaar verkoop.

Gelukkig is EL ook heel filantropies en het sy in die laaste jaar sowat R20 miljoen aan welsynsorganisasies geskenk.

Sy het beslis ’n lang pad gekom van haar dae as sukkelende skrywer wat haar werk verniet aanlyn moes publiseer!

Bronne: Daily Mail; Wikipedia