Die Palm Beach County-balju se kantoor sê hulle het Woensdag Douglas Westcott (55) se huis besoek om hom vir kinderpornografie in hegtenis te neem. Toe hulle binnekom, vind hulle 30 katte en dosyne dooie katte in vrieskaste.

Die Palm Beach Post berig kattebakke het oorgeloop met ontlasting en urine. Die meerderheid van die lewende katte was relatief gesond, maar baie het asemhalings- en velprobleme.

Amptenare sê Douglas het geweier om die katte prys te gee.

Beamptes van Animal Care & Control het die katte van die huis verwyder. ’n Regter het 30 dae om te beslis of Douglas die katte kan hou.

- Sapa