Die ongeluk het omstreeks 17:00 by die Klipheuwel-afdraai in die Wes-Kaap plaasgevind, het Ineke van Huyssteen, ER24-woordvoerder, gesê.

“Toe ER24 net ná 17:00 op die toneel aankom, moes twee mense met meganiese kake uit die voertuig gehaal word. Die res van die pasiënte het op die toneel rondgeloop.”

Beserings het gewissel van gering tot ernstig. Die twee insittendes van die voertuig was in ’n ernstige toestand. 

Die beseerdes is na nabygeleë hospitale vir verdere mediese sorg geneem.

“Die presiese omstandighede rondom die ongeluk is nog onbekend vir ons paramedici, maar die polisie en plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoeke.”

Elders is een persoon dood en sewe ander beseer toe ’n bakkie en nutsvoertuig Sondag op die R38 in Badplaas, Mpumalanga gebots het. 

“Ongelukkig is een man, wat in die bakkie was, op die toneel dood verklaar deur ER24,” het Van Huyssteen gesê.

Bron: News24