Dink binne die boks

[caption id="attachment_3597" align="alignnone" width="267"]Foto gespeld van berrysweetbaby.blogspot.com Foto gespeld van berrysweetbaby.blogspot.com[/caption]

Letterlik! ’n Boks en kryte hou klein kunstenaars ure lank besig. Natuurlik moet jy jou baba mooi dophou ingeval hulle ingeperk begin voel en uit die boks wil kom.

Speel met ’n muffinpan

[caption id="attachment_3601" align="alignnone" width="300"]Foto gespeld van kidsactivitiesblog.com Foto gespeld van kidsactivitiesblog.com[/caption]

Al wat jy nodig het, is ’n paar kleurryke plastiekballe wat in ’n muffinpan pas. Dit is ’n lekker stil speletjie wat jy met jou baba kan speel. Besoek Kids Activities Blog om te gaan kyk.

T is vir trom

[caption id="attachment_3598" align="alignnone" width="300"]Foto gespeld van playcreateexplore.org Foto gespeld van playcreateexplore.org[/caption]

Maak ’n tromsirkel vir jou kind met potte, panne en ’n lepel. Jou kind gaan mal wees oor musiek maak. (Maar jy sal dalk moet belê in oorpluisies).

Baljaar in die balput

[caption id="attachment_3595" align="alignnone" width="225"]Foto gespeld van theimaginationtree.com Foto gespeld van theimaginationtree.com[/caption]

Maak jou eie balput tuis – dit is ’n wonderlike manier om jou kleintjie besig te hou. Maak jou bad of bababedjie vol gekleurde balle en laat die pret begin.

Maak ’n tuisgemaakte aktiwiteitsbord

[caption id="attachment_3596" align="alignnone" width="300"]Foto gespeld van imperfecthomemaker.com Foto gespeld van imperfecthomemaker.com[/caption]

Maak ’n tuisgemaakte aktiwiteitsbord wat geluide maak, ligte het en verskillende aktiwiteite het. Dit gaan jou kleintjie se verbeelding aanwakker en hope pret verskaf! Kyk bietjie op GM Glimmerglass.

-  Janine Nel 

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.