Die komplot staan ook as die “gunpowder plot” bekend, waarvan Guy Fawkes ’n beplanner was.

5 Kitsfeite:

  1. Almal betrokke by die sameswering was Katoliek, wat destyds deur die koning en die Kerk van Engeland onderdruk is. Dit was een van die hoofredes vir die beplande aanval.
  2. Guy Fawkes was ’n gesoute soldaat wat ’n groot kennis van plofstowwe gehad het. Die bende se 36 vate plofstof was sterk genoeg om die hele parlementsgebou te verwoes en geboue binne ’n radius van ’n kilometer te beskadig.
  3. Hoewel die voorval in wese ’n terroriste-sameswering was, het die BBC Guy Fawkes in 2002 in ’n meningspeiling as die 30ste Grootste Brit van alle tye aangewys.
  4. Guy Fawkes se ondertekende skulderkenning word vandag in die Britse Nasionale Argief bewaar.
  5. Hy en sy makkers is almal vir hoogverraad tereggestel.