En dit is nog voor klante van Australië, Nieu-Seeland en Amerika begin toustaan het daarvoor.  

Cassie, wat in Sydney woon, is al van die ouderdom van drie jaar ’n “beroepskunstenaar”.

Sy gebruik ’n kombinasie van akrielverf, hars en blinkers om landskappe van die sterrestelsel te verf.

Die kleuter is lief vir die see, olifante en feetjies, maar haar grootste liefde is ongetwyfeld verf, wat sy sommer met haar hande en soms selfs met ’n vurk doen.

Die geld wat deur haar skilderye ingesamel word, word aan verskeie welwillendheidsorganisasies geskenk, onder meer Essentials 4 Women SA, Edsel Holt Family Fundraiser en Royal Society for the Blind.

Strawberry Surprise! Available on #etsy

A post shared by CassieSwirls (@cassieswirls) on

Glitter Galaxy

A post shared by CassieSwirls (@cassieswirls) on

 

Cassie se ma, Linda Gee, het haar twee jaar gelede ’n skilderdoek en verf gegee om haarself mee besig te hou, berig Viral Thread.

Min het sy geweet Cassie het ’n verskuilde skildertalent.

“Ek het ’n klomp verftoerusting omdat dit my stokperdjie is,” het Linda gesê. “Ek het haar die doek en verf gegee en gesê: ‘Gaan doen iets.’ Sy het met haar kunswerk teruggekom, en van dit was beter as myne!”
 
Cassie het eindelik abstrakte impressionistiese skilderye begin verf. Meer as 20 daarvan is al verkoop. Dit was ook al op nasionale televisie te sien.
 

When you have a day nap the creative juices flow till midnight

A post shared by CassieSwirls (@cassieswirls) on

Volgens Metro UK het Cassie sowat R3 000 aan ’n Kambodjaanse skool geskenk sodat ’n watertenk vir die kinders geïnstalleer kon word.

Sy skenk ook inkleurpotlode en potloodsakkies aan arm kinders elke keer dat sy ’n skildery verkoop.

#Phoenix - second feather painting with resin and special effect pigments

A post shared by CassieSwirls (@cassieswirls) on

A huge set of 3 we'll be delivering tomorrow

A post shared by CassieSwirls (@cassieswirls) on

Bronne: metro.co.uk, huffingtonpost.co.uk, viralthread.com