Russel Meiring, ER24-woordvoerder, het bekend gemaak dat die snelweg geheel en al deur die voetgangerbrug blokkeer is nadat dit vroeg-oggend in duie gestort het.

Foto verskaf: ER24

Die N3 tussen Geldenhuys en Gillooly's is in beide rigtings gesluit.

Drie vragmotors en ’n ligte voertuig het gebots en het in die middel van die snelweg tot stilstand gekom. 

Foto verskaf: ER24

Die motor se neus is gedeeltelik deur die beton vergruis.

’n Vrou is kritiek beseer. Sy was binne een van die vragmotors vasgekeer en moes met meganiese kake uit die wrak bevry word. Die vrou is per lugambulans na ’n nabygeleë hospitaal geneem.

Die ander beseerdes, waaronder 'n sewejarige seun, het geringe beserings opgedoen.

Dit mag twee dae neem voordat dié gedeelte van die snelweg weer oopgestel word.

Save