Tereza Troskie-Herbst (47) en haar man, Bennie Herbst (36) verwag ’n seun. En skaars is die nuus bekend, of die egpaar vaar reeds die winkels in vir blou babaklere.

[caption id="attachment_120079" align="alignnone" width="600"]Tereza Troskie (Foto: Papi Morake) Tereza Troskie (Foto: Papi Morake)[/caption]

Tereza het die nuus oor hul baba se geslag eerste aan Huisgenoot bekend gemaak. “Ons is baie opgewonde oor ons seun. Ons wou net ’n gesonde babatjie gehad het en dit is wat ons kry,” het die voormalige skoonheidskoningin telefonies aan Huisgenoot gesê.

Tereza en Bennie se seun word deur ’n surrogaatma, Jaenne-Marie Coetzer (32) van Odendaalsrus verwag. Sy is nou 18 weke swanger. Die baba sal na verwagting op 8 Augustus sy opwagting maak.

Lees ook: Kyk net Mamma se liefling! Bekendes deel kostelike kiekies van hul oulike spruite

Hulle het nog nie ’n naam gekies nie, maar Bennie en Tereza het al ’n hele paar neergeskryf. Maar Jamie (17), (Tereza se seun uit haar huwelik met die rolprent- en eiendomsmagnaat Boet Troskie) het dié name afgeskiet. “Nou begin ons van voor af,” lag Tereza.

Jamie is veral baie opgewonde oor die vooruitsig om die nuwe baba se klere te kies. “Ons het reeds begin jassies, broekies en hempies koop. Veral die hempies is soos die soort hemde wat Jamie dra. Hy gaan soos ’n mini-Jamie wees.”

Tereza sê almal is baie opgewonde en baie van haar volgelinge op Facebook het die afgelope ruk reeds nuuskierig oor die baba se geslag uitgevra.

Lees ook: Desiré Gardner omtower in ‘vurige, borrelende blondine’ én deel wonderlike nuus!

“Ons kry baie belangstelling en dis great,” sê sy.

Bennie en Tereza het Jamie verlede Donderdag 09:00 by die skool gaan haal voordat hulle en Bennie se ma, Petro Herbst van Fauresmith saam met Jaenne-Marie dokter toe is om te kyk wat die sonar sê.

By hul huis in Bloemfontein het Bennie en Tereza reeds die babakamer begin leegmaak, skoonmaak en uitverf.

“Donderdag kom die binnehuisversierder my sien om die kamer te beplan,” sê Tereza.

– Jana Smit

Ander stories op Huisgenoot.com

Vrou doen haar voor as terminaal siek om kankerbehandeling te kry

Huisgenoot-joernalis vertel die storie van die barmhartige Samaritaan wat sy verlore beursie terugbesorg het

Hulle’t gesê ek sal nooit weer kan hardloop nie – toe doen ek die Ysterman!

Bobby van Jaarsveld wys sy klein prinses, Armani – kyk dié skattige foto!