Daar heers nog onsekerheid oor hoe en watter tyd die leeus ontsnap het.

Janine Raftopoulos, hoof van kommunikasie vir SANParke, sê dat daar nog geen verwikkelinge oor waar die leeus hulle tans bevind is nie.

“Daar is nog geen teken van die leeus nie en ons spanne is steeds op die grond en volg enige en alle leidrade op.” 

SANParke het ook ’n waarskuwing aan die publiek uitgereik om versigtig en op hul hoede te wees vir die leeus.

Daar is ook ’n versoek uitgerig om enige waarnemings van die leeus aan owerhede oor te dra.