'n Vierjarige dogtertjie van Kurgersdorp is dood nadat 'n hek op haar geval het, berig Netwerk24.

Die dogtertjie, Juwanette van Staden, wou saam haar sesjarige sussie die hek ooptrek in 'n opgewonde poging om by hul pa aan die oorkant van die pad uit te kom. Hy was daar besig om installasiewerk te doen.

Haar skedel is erg in die fratsongeluk gekraak en sy is later in die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg oorlede.

Haar ouma, Leensa Engelbrecht, het vertel Juwanette en haar sussie het na hul pa geroep en wou na hom toe gaan. "Die ouer sussie het die hek se slot oopgemaak en toe probeer hulle die hek ooptrek," het Leensa gesê.

Die hek val toe om. Die ouer sussie kon daarin slaag om uit die pad te spring, maar die hek het op Juwanette geval.

Bron: Netwerk24

Lees ook op Netwerk24: