Volgens Russel Meiring, ER 24-woordvoerder, het paramedici hul bes gedoen om die een seuntjie, sowat 4 jaar oud, se lewe te red. Hy is egter op die toneel dood verklaar.

Die tweede seuntjie verkeer in ’n kritieke toestand en is per lugambulans na die Ahmed Kathrada Private Hospitaal in Lenasia geneem vir dringende behandeling.

Die kinders is vermoedelik getref toe die vragmotor rol. Die bestuurder het geringe beserings opgedoen en is ook in die hospitaal opgeneem.

Die plaaslike owerheid is op die toneel vir verdere ondersoek.