Volgens Russel Meiring, ER24-woordvoerder, het paramedici met hul aankoms op die toneel twee ligte motorvoertuie langs die pad gevind.

By nadere ondersoek het hullle twee mans, vermoedelik verdagtes, in een van die voertuie gevind. Hulle het reeds aan hul wonde beswyk en is op die toneel dood verklaar.
Nog twee mans, vermoedelik ook verdagtes, het ’n entjie vandaar in die veld gelê. Hulle is ook op die toneel dood verklaar. Twee wetstoepasserbeamptes het geringe tot ernstige beserings opgedoen. Hulle is na ’n nabygeleë hospitaal geneem vir verdere mediese aandag.

Die voorval word verder ondersoek.