Dit vorm deel van dié staat se sogenaamde versnelde teregstellingsprogram voor die owerheid se voorraad dodelike inspuitings teen die einde van die maand hul vervaldatum sou bereik.

Twee gevangenes is Maandag tereggestel, wat Arkansas die eerste Amerikaanse staat in 17 jaar maak wat meer as een teregstelling per dag uitgevoer het.

[caption id="attachment_170456" align="alignnone" width="600"]Kenneth Williams het die doodstraf ontvang vir drie moorde wat hy gepleeg het. (Foto: Departement van Korrektiewe Dienste, Arkansas) Kenneth Williams het die doodstraf ontvang vir drie moorde wat hy gepleeg het. (Foto: Departement van Korrektiewe Dienste, Arkansas)[/caption]

Kenneth was die laaste van die vier teregstellings op die program.

In ’n verklaring voor sy dood in die Cummins Unit-gevangenis het hy om vergifnis gesmeek “van die families wat ek van hul geliefdes beroof het”.

Kenneth is die doodstraf opgelê vir drie moorde wat hy gepleeg het.

Voor sy teregstelling het hy eers ’n reuse-aandete weggeslaan. Dit het onder andere bestaan uit twee porsies braaihoender, rys, boontjies, mielies, vier snye brood en vrugtepons.

Hy het gesterf 13 minute nadat hy ingespuit is. Die tronkowerheid in Arkansas het aanvanklik beplan om agt teregstellings voor die einde van die maand te volbring, maar vier daarvan is deur die hof uitgestel, berig Mirror Online.

[caption id="attachment_170455" align="alignnone" width="600"] Hy het in ’n doodskamer soortgelyk aan hierdie een gesterf. (Foto: Departement van Korrektiewe Dienste, Arkansas) Hy het in ’n doodskamer soortgelyk aan hierdie een gesterf. (Foto: Departement van Korrektiewe Dienste, Arkansas)[/caption]

Bronne: Mirror Online, Theguardian.com