Khumba en Mama V

Dié rolprent, Khumba, word op 25 Oktober uitgereik. Dit is ’n Suid-Afrikaanse rolprent oor ’n sebra wat net strepe aan die helfte van sy lyf het. Sy bygelowige trop beskuldig hom daarvan dat hy die oorsaak van die droogte is.

Khumba

Dit is die tweede animasie-rolprent wat deur die Kaapstadse Triggerfish Animasie-ateljees uitgereik word. Die eerste, Adventures in Zambezia,   is internasionaal uitgereik.

Die Afrikaanse akteurs wat vir die karakters se stemme verantwoordelik is, sluit in: Hannes Brümmer, Rika Sennet, Francois Stemmet, Lochner de Kock, Rina Nienaber, Derrich Gardner, Elsabé Zietsman en Frank Opperman.  Ouer rolprentgangers sal veral Francois se stem herken; hy was die stem van Sarel Seemonster in Wielie Walie! Die bekende radio-en-TV-persoonlikheid Bettie Kemp regisseer die stemkunstenaars.

Themba

“Dit is ’n oulike storie wat pragtig vertel word,”  sê Helen Kuun, die uitvoerende hoof van Indigenous Film Distribution, wat die rolprent plaaslik versprei. “Om ’n 3D-animasie-rolprent van hierdie kwaliteit in Afrikaans te kan uitreik, is ’n groot prestasies vir die bedryf en dit gaan sekerlik gehore bekoor.”

Die rolprent word ook in Engels uitgereik, met die stem van onder meer Liam Neeson, AnnaSophia Robb en Laurence Fishburne.

- Suzaan Hauman