Die tenkskip, deel van die Mexikaanse staatsbeheerde oliemaatskappy Pemex, het Saterdag in die Golf van Mexiko aan die brand geslaan. Die tenker was in daardie stadium aan die kus van Boca del Rio in die Veracruz-provinsie. Dis glo die nuutste ramp wat die geteisterde maatskappy tref. Volgens die Mexikaanse vloot en Pemex is al 31 bemanningslede aan boord van die vaartuig gered. Laat Saterdagaand het brandweerspanne nog gespook om die brand te blus. Aan boord van die tenkskip was onder meer sowat 80 000 houers met diesel en 70 000 houers met brandstof. Die vaartuig kan tot 270,000 houers op 'n keer vervoer.

Van die brandstof het glo wel in die see beland, maar daar word beweer dat die kans op besoedeling gering is omdat dit "ligte brandstof' is. "Dit is nie onverwerk nie, dit sal nie na die bodem van die see sak nie. Dit sal op die oppervlak bly," het Juan Ignacio Fernandez Carvajal van die Veracruz-haweowerheid aan RT gesê.

Dramatiese beeldmateriaal van die brandende tenkskip

Ander terugslae wat Pemex tot dusver getref het

1. Meer as 30 mense het gesterf en tientalle is beseer toe 'n ontploffing deur 'n petrochemiese aanleg in die suidelike Veracruz-provinsie geruk het.

2. 'n Brand wat in 2015 op 'n Pemex-olieboor in die Baai van Campeche uitgebreek het, het die lewering van olie benadeel en die maatskappy tot soveel as $780 miljoen se skade berokken.

3. Minstens 37 mense het in 2013 gesterf toe 'n ontploffing by Pemex se Mexikostad-hoofkwartiere ontplof het.

4. In 2012 sterf 26 mense toe 'n brand by 'n natuurlike gasaanleg van Pemex in die noorde van Mexico uitbreek.

Bronne: rt.com, theguardian.com