’n Man word vermis nadat hy met sy grys rubberboot by Pearly Beach in die Overberg, Wes-Kaap, op die see uitgegaan het, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Sondag gesê.

[caption id="attachment_169791" align="alignnone" width="600"]Pearly Beach. Foto: Flickr Pearly Beach. Foto: Flickr[/caption]

Die man (31) het ongeveer 15:00 Saterdag in sy eenmotorige boot met ’n 115-perdekrag-enjin uitgegaan, maar is sedertdien nie weer gesien nie, sê die NSRI-woordvoerder Craig Lambinon.

Hy het nie by Dyer-eiland opgedaag soos verwag nie en ook nie na Pearly Beach teruggekeer nie.

Craig sê hulle het met ’n operasie begin om soekpatrone uit te stippel volgens die weer, wind en seestrome.

Verskeie vaartuie het ’n groot gebied gefynkam in seetoestande wat algaande vererger het met groot deinings en sterk wind wat met tot 60 seemyl toegeneem het.

“Skepe in die omgewing en wat deur die gebied vaar, sal op die uitkyk bly en die polisie sal voortgaan met ondersoeke en behandel die saak as dié van ’n vermiste persoon,” sê hy.

Bron: News24