Corrie Le Grange, die 60-jarige sakeman van Edenvale wat 300 kg geweeg het, is vanoggend vroeg in die hoësorgeenheid van die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg oorlede.

Netwerk24 berig Corrie was vir die afgelope week aan ’n asemhalingsmasjien gekoppel. Hy was ook twee keer in die hoësorgeenheid opgeneem weens ’n erge longinfeksie.

Corrie het onlangs voorbladnuus gehaal oor sy stryd om’n hospitaal te vind wat bereid was om hom te behandel. Talle hospitale het hom weggewys en telkens sy gewig as rede aangevoer.

Gelukkig was die Charlotte Maxeke-hospitaal bereid om hom te behandel, mits hy met sy eie hospitaalbed opgeneem word. Corrie is twee weke gelede per minibus daarheen vervoer.

Sy liggaam het meer as 200kg vog om onverklaarbare redes in die afgelope drie maande opgebou.

Sy stiefdogter, Shamaine Rademeyer, het aan Netwerk24 gesê Corrie se toestand het verswak kort na hy in die hospitaal opgeneem is.

Dokters het nog nie aan sy familie verduidelik wat die oorsaak van sy lyding was nie.

Bron: Netwerk24

Lees ook op Netwerk24: