Volgens Kyle van Reenen van Marshall Security was daar Vrydagmiddag ses swaargewapende verdagtes in ’n wit voertuig betrokke by ’n wilde jaagtog op die N2 Suid en Queen Nandi-rylaan ná ’n transitorooftog.

Dit wil voorkom asof die verdagtes probeer het om die polisievoertuig van die pad te dwing. Die skote het begin klap en al twee voertuie het die pad verlaat. ’n Derde voertuig is getref.

Twee verdagtes het op die toneel gesterf, ’n derde is in hegtenis geneem en drie het laat spaander.

Bykomende bron: arrivealive.co.za