Paramedici het twee vroue in hul 40's op die ongelukstoneel behandel. Hulle het egter op die toneel beswyk. Volgens Annine Siddal, ER24-woordvoerder, het ’n bejaarde man ook op die toneel gesterf.

Minstens 10 mense het matige tot ernstige beserings opgedoen. Een van hulle is per lugambulans na die hospitaal geneem.

Die uitgebrande wrak van ’n taxi is op die toneel gevind. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.