1 Maak toebroodjies met ham en kaas, sny in driehoekies, doop in geklitste eiers en braai in verhitte olie tot bruin alkant. Sit voor saam met heuning en spekvleis as ontbyt.

2 Breek ’n Franse brood (of enige ander brood buiten ’n gewone winkelbrood) in groot bonkige stukke, plaas op ’n bakplaat en rooster tot die net verbruin. Maak ’n bonkige slaai van blare, klein tamaties, komkommerlinte en rotisserie-hoender, wat in stukke gebreek is en sprinkel olyfolie en balsemieke asyn oor.

3 Maak interessante braaibroodjies vir by die braai: Gebruik ciabattas of broodrolletjies en halveer. Smeer die onderkant met basiliepesto, stapel tamatieskywe, afgewissel met mozzarella-kaasskywe en basilieblare bo-op en bind vas met tou. Braai tot die kaas net-net smelt.

Bron: Carmen Niehaus

Kosredakteur: Huisgenoot, YOU & Drum