Die brand het omstreeks 01:00 by die Noordwes Sekondêreskool in Leeudoringstad uitgebreek, berig Netwerk24.

Dit het vermoedelik in een van die koshuise begin. Die koshuis, die onderwysers se woonstelle, die administratiewe blok en die rekenaarlaboratorium is in die brand beskadig.

Maroela Media berig die kinders was onderskeidelik 16, 17 en 18 jaar oud.

Altesaam 23 leerders is na die hospitaal gehaas om vir beserings en rookinaseming behandel te word. Geen van die onderwysers is beseer nie.

Bronne: Netwerk24; Maroela Media

Lees ook op Netwerk24: