[caption id="attachment_120173" align="alignnone" width="600"]Foto ter illustrasie (flickr.com) Foto ter illustrasie (flickr.com)[/caption]

Hulle word daarvan beskuldig dat hulle ’n medeleerder, ’n gr.-2 meisie (8), by hul laerskool verkrag het.

Kapt. Walter Spencer van die Linden-polisiekantoor het gesê ’n klagte teen die seuns is reeds op 20 April aanhangig gemaak en hulle het die volgende dag hul eerste verskyning in die landdroshof gemaak.

Met hul tweede verskyning gister is die saak vir verdere ondersoek uitgestel. Lede van Honeydew se polisie-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS-eenheid) doen die ondersoek en die saak word op 18 Julie in die Roodepoortse landdroshof hervat .

“Die beskuldigdes (seuns) is almal onder toesig van hul onderskeie ouers,” het Spencer bevestig.