’n 31-Jarige vrou van Punchkula, Indië wat vir 22 jaar lank haar hare elke dag gekou het, moes ’n noodoperasie ondergaan om ’n 3 kg haarbol uit haar maag te laat verwyder.

Die vrou het begin kla van maagpyn en kon vir lank niks eet of drink sonder om op te gooi nie.

Die vrou het aanvanklik aanvanklik ontken dat sy haar hare kou, maar nadat ‘n sonar ‘n groot bol hare in haar maag aangedui het, het sy haar verslawing erken.

Na die operasie op Vrydag 6 Mei het die ma van drie kinders erken sy kou haar hare sedert sy nege jaar oud is.

“Haar maag en ingewande was vol hare. Daarom was daar geen manier hoe sy haar kos kon verteer of water drink nie en juis daarom het sy alles opgegooi,” het dr. Hardeep Singh gesê.

Dr. Singh sê hy het nog nooit so iets gesien nie.

“Die bol hare was 40cm lank. Na die operasie kan die vrou nou weer normaal eet en drink.”

Volgens hom is dit ’n rare siekte wat bekend staan as Raponsie-sindroom. Dit kom gewoontlik voor by jong meisies wat aan een of ander tipe depressie ly.

Van die lyers sal hare, grond, klippe of blare eet. En as die siekte nie behandel word nie kan dit nootlottig wees.

Waarskuwing, hierdie beeldmateriaal kan ontstellend wees:

Bronne: Mirror.co.uk; Cover Asia Press

Lees ook op Huisgenoot.com:

Buffels tref motor met ’n reuseslag toe leeus op trop jag maak

Kovsies maak skokaankondiging rakende hul rektor, prof. Jonathan Jansen

Christopher Panayiotou terug in hof ná nuwe feite glo aan die lig kom

Tweede verdagte in Winnie Rust-moordsaak vasgetrek

Voormalige Mej. SA oorleef gru-ongeluk