“”

Só vertel Mornay Thysse, ’n slangvanger by die Oudtshoorn-munisipaliteit se brand-en-reddingsdienste, van Woensdag se gebeure buite Outdshoorn in die Wes-Kaap.

Devan Moos (3) het op die bed gelê en slaap toe hy aan sy linkerslaap en onder sy linkeroog gepik is. Dit het omstreeks 16:00 op ’n plaas buite die dorp gebeur. Devan is op die toneel dood verklaar.

“Hoe nader aan die hart en longe jy gepik word, hoe kleiner is die kans op oorlewing. En vir so kleintjie is meer as een pik dodelik,” verduidelik Mornay.

[caption id="attachment_164503" align="alignnone" width="600"]Mornay Thysse met 1,6 meter-lange Kaapse kobra. Foto: Verskaf Mornay Thysse met 1,6 meter-lange Kaapse kobra. Foto: Verskaf[/caption]

Aanvanklik het niemand die slang gesien nie. Eindelik het Mornay die slang van 1,6 m onder die bed gevind.

“Ek vermoed die kind het op die bed beweeg waarna die slang hom gepik het. Hulle reageer gewoonlik op beweging. Dis waarskynlik juis nadat hy gegil het dat die slang hom ’n tweede keer gepik het.”

Mornay het die slang gevang en sowat 20 km buite die dorp in die veld gaan vrygelaat waar hy weet daar genoeg water en kos vir die slang is.

“Mense is soms ongelukkig as ek nie die slang doodmaak nie, maar hulle besef nie dit is ’n beskermde spesie nie. Ek kan ’n boete of selfs tronkstraf in die gesig staar as ek dit sou doen.”

Mornay sê die tekort aan water in die Wes-Kaap lok slange soos hierdie geelslang, wat algemeen gesien word as die dodelikste slang in die Wes-Kaap, nader aan huise. Die droë veld beteken dat hulle beste kans om water, paddas en rotte te vind naby aan waar mense is.