Luidens berigte het drie mense tydens die voorval gesterf en minstens 12 het skietwonde opgedoen. Ander berigte dui dat die aantal gewondes tot soveel as 18 kan wees.

Volgens sersant Thomas Bojorquez van dsie 77ste Afdeling is dit moeilik maak om vas te stel hoeveel mense werklik in die voorval beseer of gewond is omdat sommige met eie vervoer na hospitale gegaan het.
Van die gewondes is deur die brandweerdiens na nabygeleë hospitale geneem. In hierdie stadium word minstens twee van die gewondes se toestand as kritiek bestempel.
Daar was glo ongeveer 50 mense by 'n huispartytjie toe die skote begin klap het. Een vrou is reeds in aanhouding. Dit is onseker wat haar rol in die skietvoorval was. Die polisie soek na nog twee moontlike verdagtes.
'n Vuurwapen is op die toneel gevind. Dit wil voorkom asof 'n argument tydens die huispartytjie ontstaan het waarna die skote begin klap het.
Volgens 'n woordvoerder van die suidwestelike afdeling van Los Angeles-polisie was daar blykbaar 'n partytjie aan die gang toe iemand daar aangekom het "en sommer net 'n klomp mense begin skiet het." Minstens 50 LA-polisielede nen brandweermanne het hul na die toneel gehaas. 'n Inwoner in die omgewing vertel van sy ongeloof oor die voorval.

Bronne: bnonews.com, periodiko.net, reuters.com, cbs.news