er24_ambulans

Die ER24-woordvoerder Russel Meiring sê paramedici het op die taxi afgekom waar die voertuig in die middel van die pad op sy sy lê.

Meiring sê verskeie insittendes het uitgeval en om die voertuig gelê. Die lyke van die drie mans is ook naby die taxi gekry, sê Meiring.

Hulle is op die toneel dood verklaar. Die ander 12 het geringe tot ernstige beserings opgedoen.

Diegene met geringe beserings is na die Mediclinic Brits vervoer. Die ernstig gewondes is in die Oneplan ER24-helikopter vervoer.

Die voorval het omstreeks 09:30 vanoggend plaasgevind.

Bron: News24