Dit het onlangs aan die lig gekom dat skoonmakers van die wêreldbekende museum in Kaïro waar die doodsmasker uitgestal word, glo per abuis ’n deel van die masker se baard afgebreek het terwyl hulle dit skoongemaak het.

Pleks dat die masker deur deskundiges gerestoureer is, het museumpersoneel gom gebruik om die dele te las.

“Om gom te gebruik is onomkeerbaar,” verduidelik ’n bewaringsgesinde. “Gom verrig wonders op materiaal, soos steen en metaal, maar is beslis nie geskik vir ’n historiese artefak nie.”

Die museumwerkers word nou daarvan beskuldig hulle wou die masker net so gou moontlik weer uitstal, sonder inagname van die skade daaraan.

Toetankamen se masker is in 1922 deur Howard Carter en George Herbert ontdek en het sedertdien deel uitgemaak van ’n wêreldwye bekoring met Egiptiese argeologie.

Bronne: BBC.COM; DAILYMIRROR.COM