Suid-Koreaanse amptenare het aangedui tot soveel as 293 mense word nog vermis nadat ’n veerboot met 459 passasiers en bemanningslede aan boord Woensdag aan die land se suidkus omgeslaan het.

Die regering het ’n vroeëre aankondiging teruggetrek dat 368 mense gered is en die departement van maritieme sake het gesê hulle kon nog net bevestig dat 164 mense na veiligheid gebring is.

“Die res word nog vermis,” het ’n woordvoerder van die departement aan AFP gesê.

Hy het ook gesê die aantal passasiers en bemanningslede is hersien tot 459 van die 477 wat aanvanklik berig is.

Twee sterftes is bevestig nadat die vaartuig omgeslaan het twee uur nadat ’n noodsein om negeuur uitgestuur is.

Lee Gjeong-Og, die adjunk-minister van veiligheid en opebare administrasie, het gesê die oordrewe syfer van mense wat gered is, het gespruit uit verwarrende inligting wat uit veelvuldige bronne verkry is.