Angelique du Plessis, ’n 29-jarige vrou met Downsindroom van Alexandria in die Oos-Kaap, het in Julie 2014 haar dokter besoek nadat ’n groot naeltjiebreuk ongelooflike buikpyn veroorsaak het.

[caption id="attachment_124968" align="alignnone" width="600"]Angelique Twee jaar gelede het Angelique 118 kg geweeg. Foto: Verskaf[/caption]

Dr. Loretta Heunis, ’n huisdokter op Kenton-on-Sea naby Alexandria, het Angelique ná ’n algemene ondersoek aangeraai om gewig te verloor. Loretta vertel Angelique het tydens haar aanvanklike ondersoek 118 kg geweeg.

Sy sou eers heelwat gewig moes afskud voor haar breuk herstel kon word.

Angelique se stiefpa, Roche van Niekerk, vertel sy het haar lewe lank nog met haar gewig gesukkel. “Almal wat haar ken, het haar onwetend help voer,” vertel hy. Al hierdie los happies elke dan en wan het spoedig sy tol begin eis.

[caption id="attachment_124972" align="alignnone" width="450"]Sy sukkel al haar lewe lank met haar gewig, vertel haar stiefpa. Foto: Verskaf Sy sukkel al haar lewe lank met haar gewig, vertel haar stiefpa. Foto: Verskaf[/caption]

Tydens haar doktersbesoek het Angelique se ma, Elizabeth, Loretta gevra of sy dalk ’n eenvoudige dieet vir haar kan saamstel.

“Aan die begin was sy baie kwaad dat ons haar kos gee waaraan sy nie gewoond was nie,” onthou Roche. Maar naderhand het Angelique ál meer en meer vasberade geword om die gewig af te skud.

Lees ook: 84 kg ligter – hier’s die dieet

“Toe die kinders by die skool haar vettie noem wanneer sy daarlangs gestap het, wou sy net meer van die gewig afskud,” vertel Roche. “Almal in die gemeente het haar ook aangespoor en geprys vir elke kilogram wat sy afgeskud het.”

Nou, byna twee jaar later, het Angelique ’n skraler figuur en trek sy die skaal op amper 50 kg ligter. “Sy weeg nou 70,5 kg,” spog Roche. “Sy weeg nou eintlik minder as die meeste van die kinders wat haar so gespot het!” voeg hy by.

[caption id="attachment_124974" align="alignnone" width="450"]Angelique het byna 50 kg afgeskud en weeg nou 70.5 kg. Foto: Verskaf Angelique het byna 50 kg afgeskud en weeg nou 70.5 kg. Foto: Verskaf[/caption]

Om ’n gespottery te ontduik was ook nie al motivering wat Angelique aangespoor het om die rolletjies te laat wegsmelt nie. Die eienaar van ’n plaaslike klerewinkel op Alexandria het haar ook belowe as sy 40 kg verloor, kan sy enige rok gaan kies wat sy wil hê.

“Ons pastoor het haar ook vorentoe geroep in die kerk met elke 10 kg wat sy verloor het,” vertel Roche.

Hy is vas oortuig al hierdie dinge saam het haar aangepor om deur te druk en die gewig vir goed af te skud. “Ons is so trots op Angelique.”

Noudat sy die ideale gewig bereik het, kan haar naeltjiebreuk ook herstel word. Die gesin wag nou net op die nodige befondsing.

Lees ook op Huisgenoot.com:

Dié broer en suster gaan nooit weer kan slaap weens ’n seldsame en ongeneesbare breinsiekte

Padwoede-voorval: ‘Ek het nog gedink ons gaan net woorde wissel, toe klap sy my’

Ma van sesjarige maak hart oop nadat haar seun deur ’n luiperd aangeval is

Hier’s wat jy moet doen as jy in die nuwe Facebook-virusstrik getrap het