Nuwe inligting soos op 18 Februarie 2016

Wat vroeër berig was:

Die bom het volgens party bronne in een van die digbewoonde gebiede naby die Turkse parlement afgegaan.

Presiese besonderhede is egter in hierdie stadium nog onduidelik, aangesien die Turkse regering die verspreiding van enige verdere inligting ten sterkste verbied.

Verlate motors bemoeilik die taak van ambulanse om by beseerders uit te kom. Voorlopige verslae dui daarop dat minstens 5 gesterf het en talle beseer is.

Intussen het Omer Celik, ’n politieke woordvoerder, die voorval as "terrorisme" beskryf, berig Buzzfeed News. CNN berig dat ISIS moontlik verantwoordelik was, hoewel dit nog nie bevestig is nie.

Lees ook op Huisgenoot.com:

Staatsamptenaar draai ses jaar lank stokkies – sonder dat iemand dit agterkom

Ken jy bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars se regte naam?

MTN beloof vergoeding ná netwerkprobleme

Romantiese huweliksaanbod toe eintlik ’n wrede poets