28 Januarie 1986. 11:38. Kennedy-ruimtesentrum in Florida. Die spanning loop hoog. Die beplande ruimtevaart gaan weer voort nadat gure weer dit vroeër byna gekortwiek het. Aan boord van die Challenger-pendeltuig is daar sewe mense, waaronder Christa McAuliffe, die eerste onderwyser in die ruimte. Gregory Jarvis, Judith A. Resnik, Francis R. (Dick) Scobee, Ronald E. McNair, Mike J. Smith en Ellison S. Onizuka is saam met haar aan boord vir Nasa se 25ste vaart die ruimte in.

Die aftel na ontbranding is voltooi en die Challenger kies koers ruimte toe. Na opstyg word die statistiek rondom die pendeltuig se spoed en kraglewering hardop uitgelees. Die enjins funksioneer teen 65 persent kapasiteit, die vaartuig spoed voort teen 687.9336 meter per sekonde. Maar niks het die toeskouers teenwoordig of diegene wat voor die kassie (ook in Suid-Afrika) vasgenael gesit het, voorberei op wat 73 sekondes later sou gebeur nie.
Die pendeltuig ontplof en breek op in duisende stukkies. Rookpluime skiet in alle rigtings en vir die eerste keer in NASA se geskiedenis is daar lewensverlies tydens ’n ruimtevlug. Die ontploffing was glo te wyte aan ’n onklaar O-ring-wasser aan die regterkantste vuurpylaanjaer. Hoe ongelooflik skokkend moes dit nie vir Christa se ouers gewees het nie. Hulle was by die ruimetesentrum en het hul dogter se laaste lewende oomblikke gade geslaan.

NASA'nin Uzaydaki Ögretmenler projesinden 11000 ögretmen arasindan seçildi Sharon Christa Corrigan McAuliffe. Zorlu bir egitimden geçti ve uzaya çikmak için hazirdi Christa McAuliffe . 28 Ocak 1986'da bindigi Challenger Uzay Mekigi kalkisindan 73 saniye sonra infilak etti. Gelelim fotograflara... Mürettebati sol üstte, infilak'i sagda görebilirsiniz... Challenger faciasina elbette üzülmüstüm. Fakat yillar sonra internet üzerinden izledigimde farkina vardim ki proje kapsaminda uzaya çikacak ögretmenlerin ailelerinin orada olmasi daha bir iç burkucu. Ah bir de... McAuliffe aslinda tam da uzaya çikmadigindan astronot sayilmiyor... Varsin sayilmasin, gün gelir sayilir... #challenger #spaceshuttlechallenger #challengerfaciasi #28ocak1986 #28ocak #christamcauliffe #christacorriganmcauliffe

A photo posted by Yusuf Kayseri (@dvorak_a) on

So het verslae personeel in die beheerkamer reageer toe die pendeltuig ontplof het.

Ronald Reagan, die destydse Amerikaanse president, het ná die ramp gesê dat mense so gewoond geraak het aan die idee van ruimtevaart dat daar vergeet word dis nog ’n proses in sy kinderskoene.

Teacher astronaut Christa McAuliffe stepping out of a T-38 jet which she was taught to fly as part of her astronaut training. She was actually a high school teacher in my home state of New Hampshire, and there is a planetarium in my state's capital named in her honor. She was selected to join the elite NASA astronaut corps in 1985 as part of the Teacher in Space Project. Tragically, she was killed 72 seconds into her mission of STS-51-L on January 28, 1986, when the space shuttle she was on, the Challenger, disintegrated in mid flight. #christamcauliffe #teacher #highschool #nasa #astronaut #space #spaceexploration #aviation #airplane #pilot #spaceshuttle #challenger #tragedy #adastraperaspera #flying #science #technology #engineering #development #aerospace #dream #skyisnotthelimit

A photo posted by Mackenzie Finocchiaro???? (@astro.kenzie) on

“Ons is nog baanbrekers. Die bemanning van die Challenger was baanbrekers. “Die toekoms is nie vir bangbroeke nie. Dit behoort aan die dapperes. Die Challenger se bemanning het ons in die toekoms ingetrek en ons sal voortgaan om hulle te volg,” het hy gesê.

Twitter se reaksie

Bronne: abc7ny.com, nasa.gov,edition.cnn.com