[caption id="attachment_166220" align="alignnone" width="600"]Foto ter illustrasie (wikimedia.org) Foto ter illustrasie (wikimedia.org)[/caption]

Die mynwerkers het met geweld toegang tot die St Helena-skag verkry en daar was ’n ontploffing, het maj.-gen. Lerato Molale aan News24 gesê.

Elf lyke is Maandag uitgehaal, 13 op Dinsdag en een Woensdag.

“Die reddingspan het ’n afstand van sowat 20 tot 25 km vanaf die St Helena- na die Elandskag afgelê om die liggame uit die myn te kry.”

Die liggame het reeds begin ontbind. Sommige het naamplaatjies gedra. Die mynwerkers, tussen 30 en 35 jaar, kom vermoedelik van Zimbabwe, Mosambiek en Lesotho.

Molale het gesê 11 mynwerkers het hulself aan die polisie oorgegee. Party van hulle het sedert 2015 ondergronds gewerk.

Hy het nie die moontlikheid uitgesluit dat meer liggame gevind kan word nie.

Bron: News24