Verskeie beseerdes het verspreid op die toneel gelê toe ER24-paramedici en ander dienste op die toneel aangekom het.

Die een-ton bakkie het op sy sy langs die pad gelê. Die bakkie se kap is in geheel van die bakwerk afgeruk. Drie van die 25 beseerdes het ernstige beserings opgedoen. Al 25 is na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling.

Volgens Russel Meiring, ER24-woordvoerder, het die bestuurder moontlik beheer oor die voertuig verloor waarna dit gerol het.

Die passasiers is met die rolslag vanaf die bak van die voertuig weggeslinger.

Plaaslike owerhede is op die toneel vir verdere ondersoek.