Twee mans is ernstig beseer en in die stad in die suide van China gehospitaliseer.

Plaaslike televisie het beelde gewys van ambulanse op die teer by Hong Kong se lughawe wat die beseerdes na die hospitaal vervoer. Hulle was op ’n vliegtuig van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) onderweg van Johannesburg, wat die middag sowat halfeen geland het.

Die SAL-woordvoerder Tlali Tlali het in ’n verklaring bevestig vlug SA286 onderweg van Johannesburg na Hong Kong gister om 17:11 (plaaslike tyd) kwaai turbulensie ervaar het wat van die passasiers en bemanning beseer het.

“Vlug SA286 het Woensdag sowat 06:30 (plaaslike tyd) veilig in Hong Kong geland. Die bemanning het onmiddellik mediese bystand gevra vir die passasiers, wat met die vlug se aankoms gereed was.

“Altesaam 165 mense was aan boord, van wie 25 passasiers en drie bemanningslede beserings opgedoen het. Die voorval het oor Kuala Lumpur se lugruimte plaasgevind.”

SAL gaan inligting verstrek sodra dit aan hulle bekendgemaak word.

Plaaslike televisie het beelde gewys van ambulanse op die teer by Hong Kong se lughawe om die beseerdes na die hospitaal te neem. Die vlug het sowat halfeen geland.

Beamptes van die lughawe het gesê die vliegtuig se kaptein het hulle elfuur in kennis gestel dat hulle nooddienste gaan benodig wanneer hulle land.

- Sapa