Volgens Fikile Mbalula, die minister van polisie, is die vrou onder valse indruk na Maleisië gelok om deel te neem aan ’n modelkompetisie.

“Ons werk daaraan om die meisie veilig by die huis te hê teen Maandag. Intussen is sy veilig en ons verteenwoordigers in Kuala Lumpur het haar gesien,” het Mbalula gesê.

“Die kwessie van mensehandel is ontsettend ernstig en ek wil hê veral ons jong vroue moet besef hulle is die mees kwesbare groep vir mensehandelaars wat later menslike organe van hulle oes vir die handel in onwettige orgaanoorplantings.”

Mbalula sê hy is Woensdag van die voorval ingelig.

Die polisie,  Interpol en Valke het haar en 14 ander vroue gered.

“My grootste bekommernis was die Suid-Afrikaanse vrou. En om die ander onskuldige jong vroue te red, is fantasties – ’n goeie manier om die week af te sluit,” het Mbalula gesê. 

Bron: News24