Die meeste van die passasiers aan boord was vroue. Daar was na bewering 40 mense aan boord van die bus wat op ’n daglange uitstappie na Marmaris op pad was.

Die bestuurder het na bewering om ’n skerp draai op die Mugla-Antalya-snelweg beheer oor die bus verloor. Dit het daarna by ’n krans afgestort.
Luidens berigte was daar geen buitelandse toeriste in die groep nie.

Bronne: presstv.com , kyivpost.com, wn.com