Soms vertel foto’s ’n storie veel beter as wat woorde ooit sou kon.

Dit is beslis die geval met die ongelooflike foto’s wat die amptelike Withuis-fotograwe gedurende die voormalige Amerikaanse pres. Barack Obama se tyd aan die roer geneem het.

Ons kyk terug na Obama se tyd as leier van Amerika.

1. Dag een

In t

Pres. Barack Obama ry in die hysbak na die privaat woonarea van die Withuis ná ’n lang dag waarop sy eie inhuldiging as president en nog nege ander inhuldigingsballe bygewoon het, 20 Januarie 2009.

Amptelike Withuis-foto deur Pete Souza

2. Die ene glimlagte

3583561352_baff904663_b

Pres. Barack Obama staan ’n onderhoud aan ’n koerant toe aan boord van Air Force One op pad om die gradeplegtigheidstoespraak by die Arizona-staatsuniversiteit te lewer, 13 Mei 2009.

Amptelike Withuis-foto deur Pete Souza

3. Haai, jy!

4420741924_5fb7814cc5_b

Pres. Barack Obama en die presidentsvrou, Michelle Obama, dans saam op die Goewerneursbal in die Oos-Kamer van die Withuis, 21 Februarie 2010.

Amptelike Withuis-foto deur Pete Souza

4. Spanningsvolle onderhandelings

8207273274_a075fbdc90_k

Pres. Barack Obama praat met premier Benjamin Netanyahu van Israel oor die foon uit sy hotelsuite in Phnom Penh, Kambodja, 19 November 2012.

Amptelike Withuis-foto deur Pete Souza

5. Regverdig baklei

20716602980_4f7541befd_b

Pres. Barack Obama en die presidentsvrou, Michelle Obama, poseer vir foto’s by Instagram se #GimmeFive-fotohokkie in die Oos-Kamer van die Withuis tydens die jaarlikse Paaseier-rol, 6 April 2015.

Amptelike Withuis-foto deur Pete Souza

6. Gooi hom

20282059054_2af9bc59ed_b

Pres. Barack Obama maak asof hy ’n basketbal deur die hoepel gooi by ’n video-opname vir BuzzFeed oor die Wet op Bekostigbare Gesondheidsorg in die Withuis se biblioteek, 10 Februarie 2015.

Amptelike Withuis-foto deur Amanda Lucidon

7. Uitsig van bo af

24129406062_48e7e0532a_b

“Toe van my vriende hoor die president het die uitmergelende Koko-krater-wandelpad gestap, het hulle vir my boodskappe gestuur oor of ek dit tot op die kruin gemaak het. Die wandelpad is 1 048 houttrappe wat meer as 1 200 voet teen die krater se rant uitstyg. Party noem dit die ‘Stairmaster uit die hel.’ Ek moet erken ek het gehyg en geblaas teen die wandelpad op, maar vir my vriende is hierdie foto ’n bewys dat ek dit inderdaad saam met my baas tot bo gemaak het.”

Amptelike Withuis-foto deur Pete Souza

8. Kom ons gesels

23941895810_345d52057e_b

“Ons was op die G7-spitsberaad in Krün, Duitsland. Kansellier Angela Merkel het gevra die leiers en uitreikgaste moet na ’n bank gaan vir ’n groepfoto. Die president het toevallig eerste gaan sit en die kanselier kort ná hom. Ek het net tyd gehad om ’n paar foto’s te neem voor die agtergrond vol ander mense was.”

Amptelike Withuis-foto deur Pete Souza

9. Ek sien jou

24154933001_2864c77fcc_b

“Op die president se aandrang het die nasionale adjunkraadgewer oor veiligheid, Ben Rhodes, sy dogter Ella gebring om te kom kuier. Terwyl sy in die Ovaal Kantoor rondgekruip het, het die president handeviervoet gaan staan en in haar oë gekyk."

Amptelike Withuis-foto deur Pete Souza

10. Wanneer dit reën

24237482695_9ef29e80bf_b

“Ná sy terugkeer op Marine One stap die president van die helikopter na die Ovaal Kantoor terwyl hy ’n sambreel vir sy assistente Valerie Jarrett en Anita Decker Breckenridge vashou.”

Amptelike Withuis-foto deur Pete Souza

11. Ag toe nou, jong

23941895420_c0a36641c3_b

“ ’n Amusante oomblik toe die president ná hul vergadering in die Withuis nog vir oulaas by Nancy Pelosi, die Huis van Verteenwoordigers se minderheidsleier van die distrik Kalifornië, pleit.”

Amptelike Withuis-foto deur Pete Souza

12. Vol in blom

23609236054_f57605a0df_z

“Die president was op die punt om die H.R.2 Medicare Access and CHIP Reauthorization Act van 2015 in die roostuin van die Withuis te onderteken. Ons het Lawrence Jackson vooraf op die dak van die kolonnade laat stelling inneem en hy het die skilderagtige toneel afgeneem van die president wat na die tekentafel toe stap.”’

Amptelike Withuis-foto deur Lawrence Jackson

13. Aan die einde van die reënboog

24237481605_8761572254_b

“Die president se wuif is in lyn met die reënboog terwyl hy by die Internasionale Lughawe Norman Manley aan boord Air Force One stap voor sy vertrek na Kingston, Jamaika.”

Amptelike Withuis-foto deur Pete Souza

14. Langs elke groot man

23610659283_fa9936f7d7_b

“Die presidentsvrou het haar in die Withuis se diplomatieke ontvangskamer teen die president aangevly tydens ’n video-opname vir die Wêreld-ekspo van 2015.”

Amptelike Withuis-foto deur Amanda Lucidon

15. Presidentsgesin in die lug

24211375996_7e0c06d9e6_b

“Ek het die presidentsgesin in lyn probeer kry terwyl hulle op die Maxwell-lugmagbasis aan boord Air Force One stap ná die gebeure in Selma. As jy mooi kyk, kan jy sien die president fluit terwyl hy die presidentsvrou, Marian Robinson, en Malia die trappe op volg.”

Amptelike Withuis-foto deur Pete Souza

16. Pa se meisiekind

23941893700_97388a5b85_b

“Die president se dogter Malia het een middag by die Ovaal Kantoor ingeloer om haar pa te sien en terwyl hulle gepraat het, het sy iets van sy gesig afgevee.”

Amptelike Withuis-foto deur Pete Souza

17. Terug skool toe

23609237064_ef11395948_b

“Terwyl ons in Lawrence, Kansas, was, het ons die Community Children's Center besoek – een van die oudste Head Start-verskaffers in die land. Die president het langs Akira Cooper (regs) gesit en gereageer op iets wat sy vir hom gesê het.”

Amptelike Withuis-foto deur Pete Souza

18. 106 jaar jonk

24902500570_25c1894293_z

Pres. Barack Obama en die presidentsvrou, Michelle Obama, groet die 106-jarige Virginia McLaurin tydens ’n fotosessie in die Withuis se Blou Kamer voor ’n onthaal ter viering van Afro-Amerikaanse Geskiedenismaand, 18 Februarie 2016.

Amptelike Withuis-foto deur Lawrence Jackson

19. Ground control to Major Tom

24824526593_53c2103b33_z

Pres. Barack Obama praat in die Ovaal Kantoor oor die foon met die NASA-ruimtevaarder bevelvoerder Scott Kelly met sy terugkeer van ’n sending van amper ’n jaar op die Internasionale Ruimtestasie, 2 Maart 2016.

Amptelike Withuis-foto deur Pete Souza

20. Aangename kennis

26488482612_266a930e9b_z

Pres. Barack Obama en die presidentsvrou, Michelle Obama, ontmoet prins George by die Kensington-paleis in Londen terwyl die hertog en hertogin van Cambridge toekyk, 22 April 2016.

Amptelike Withuis-foto deur Pete Souza

21. ’n Belangrike ontmoeting

26754609401_5da28a7c36_k

Pres. Barack Obama gee Mari Copeny (8) ’n drukkie agter die verhoog by die Northwestern High School in Flint, Michigan, 4 Mei 2016. Mari het ’n brief aan die president oor die waterkrisis in Flint geskryf.

Amptelike Withuis-foto deur Pete Souza

22. Sy Heiligheid

27591124962_946ba99eb6_z

Pres. Barack Obama groet Sy Heiligheid die Dalai Lama by die ingang van die Kaartkamer van die Withuis, 15 Junie 2016.

Amptelike Withuis-foto deur Pete Souza

23. Voor die storm

30192882505_b4f373f8b7_k

Pres. Barack Obama praat uit sy huis in Chicago, Illinois, oor die foon met die FEMA-administrateur Craig Fugate om op die hoogte te kom oor orkaan Matthew, 8 Oktober 2016.

Amptelike Withuis-foto deur Pete Souza