Goeie genade!

Dié reuse-LEGO-bouprojek bestaan uit 215,158 individuele blokkies en het meer as 1000 ure geneem om te bou. Maar moenie dat die mooie buitekant jou flous nie; binne-in dié karavaan raak dinge net beter: daar is 'n volledig toegeruste kombuisie met lopende water sowel as 'n yskas, bed en sitplekke. Om nie eers te praat van al die ander goed wat jy in 'n tipiese karavaan sal aantref soos 'n skaakstel, tandeborsel en eierpan nie.
Sal jy nie hierdie karavaan op jou volgende vakansieavontuur wil neem nie?

Kyk hier na hoe dié karavaan saamgestel is:

Bronne: Metro.co.uk; Mashable