Die drie vriende wat die naweek in ’n vliegongeluk dood is, het gereeld saam gaan vlieg. Jonathan Plotz was ’n gekwalifiseerde vlieënier. Hy het by die U-Fly-vliegskool in Germiston studeer.

A photo posted by Jonathan Plotz (@jonathan_p_5) on

Dié vliegskool wou nie enige kommentaar lewer totdat die Burger Lugvaartowerheid (BLO) hul ondersoek afgehandel het na wat Saterdagmiddag verkeerd geloop het toe die Piper Cherokee PA-28-181 waarin hulle gevlieg het naby Kaapschehoop in ’n krans vasgevlieg het.

A photo posted by Jonathan Plotz (@jonathan_p_5) on

Jonathan en sy twee vriende, Clifton Maverick en Brandon Pretorius is in die ongeluk dood.

“Jonty (Jonathan), Clifton en Brandon was beste vriende. Hulle het oral saam gegaan,” vertel Linton Junior Cox.

“Jonty het gereeld as hy ure moes gaan opmaak, vir Clifton en Brandon saam met hom laat vlieg.” Jonathan, Clifton en Brandon (almal 20 jaar oud) was saam op skool by die Alberton High School. Clifton het in Alberton gebly terwyl Jonathan en Brandon albei van Germiston af is. Volgens ’n vriend wat anoniem wil bly het die drie vriende Vrydag na die Kruger Mpumalanga Internasionale lughawe gevlieg waar hulle vriende ontmoet het. Jonathan het nog Vrydag op sy Instagram-blad ’n foto van hom, Clifton en Brandon gepubliseer en daarby geskryf: “Goeie vlug na Kruger(-wildtuin) met die manne. #goodtimes #brothers #friends #aviation #avgeek #pilotlife #pilot”

“Clifton het hierdie droom gehad om stralers te vlieg en Brandon het net saam met hom en Jonathan op die trip gegaan,” vertel ’n vriend.
Die driemanskap het Saterdagmiddag teruggevlieg na die Randse lughawe toe die ongeluk gebeur het. Die Laevelder berig die drie was op pad oor die Clivia-berge toe die vliegtuig in die Sappi-plantasie naby Ngodwana neergestort het. Dit is naby Kaapschehoop en omtrent 55 km wes van waar hulle opgestyg het. Reddingspanne moes in digte mis in ’n digte bos na die drie se liggame soek.
Jonathan het gereeld op Instagram-foto’s van hom of van ’n aanloopbaan of ’n vliegtuig gepubliseer en daarby geskryf hoe lief hy daarvoor is om te vlieg.

A photo posted by Jonathan Plotz (@jonathan_p_5) on

“Jonty was ’n ongelooflike mens en baie passievol daaroor om te vlieg. Clifton was geliefd deur almal danksy sy goedhartigheid.

A photo posted by Jonathan Plotz (@jonathan_p_5) on

"Hy het altyd groot drome gehad om eendag stralers te vlieg. Brandon was die een wat die groep vriende bymekaar gehou het.

"Hy het altyd gesorg vir die ongelooflikste herinneringe en lagtye,” vertel die vriend.

“Hulle mag weg wees, maar ons vriende en families al hulle nooit vergeet nie. Hulle was vir my soos broers.”

Linton sê Jonathan, Clifton en Brandon was wonderlike ouens wat omgegee het vir ander mense. Hulle het altyd ’n glimlag op ander mense se gesigte gesit.