Dit het haar kaliumvlakke kwaai laat daal en boonop het die baie gaskoeldrank die elektriese aktiwiteit van die 31-jarige vrou se hart onreëlmatig vinnig gemaak.

Dokters het die Coke-kop aangeraai om briek aan te draai met dié voggies en een week later was haar kaliumvlakke weer normaal.

’n Navorser by die Prinses Grace-hospitaalsentrum in Monaco het gesê: “Een van die belangrikste dinge om te onthou is dat kardioloë bewus moet wees van die verband tussen kola-inname en kaliumverlies. Hulle moet pasiënte wat probleme ervaar met die elektriese siklus van hul hart uitvra oor watter soort drankies hulle drink."