Lt.kol. Thulani Zwane het aan News24 gesê ’n vyfjarige seun en sewejarige meisie het noodlottige beserings in die brand opgedoen.

“Een kind, wie se ouderdom nie bekend is nie, het ook beserings opgedoen en is hospitaal toe geneem,” het Zwane gesê.

Die oorsaak van die brand is nog onbekend.

“Hul ma het by haar kêrel gaan kuier,” het hy gesê, en bygevoeg dat die ondersoek voortduur.

“’n Ondersoekdossier is by die polisiekantoor in Inanda geopen.”

Die besonderhede van die voorval is nog onduidelik, maar “die Durbanse brandweer het die brand geblus", het Robert McKenzie, woordvoerder van die nooddienste in KwaZulu-Natal, gesê.

Bron: News24