Die twee kinders is albei in 'n kritieke toestand.

ER24-woordvoerder, Chitra Bodasing, sê die brand het Sondagoggend gebeur.

Al ses mense is uit die brandende huis gered en die flamme is geblus.

Paramedici het gesê een van die volwassenes het net geringe beserings opgedoen. Terwyl almal verder in 'n kritieke toestand op die toneel behandeling ontvang het voor hulle na die hospitaal geneem is.

Die oorsaak van die brand is nog nie duidelik nie.

Bron: News24